free portfolio web templates


Skadeloosstelling

Skadeloosstelling vir skakels 

Hierdie webblad bevat skakels na ander webblaaie van derde partye, waaroor die opstellers van hierdie webblad geen beheer het nie. Om hierdie rede kan ons geen aanspreeklikheid aanvaar vir sulke eksterne inhoud nie. Die persone wat die geskakelde webblaaie beheer of besit is ten alle tye verantwoordelik en aanspreeklik vir die inhoud van hulle eie webblaaie. Toe die skakel na sulke webblaaie geplaas is, is die betrokke webblaaie nagegaan vir moontlike feitelike oortredings van wette of verdraaiings van die waarheid. Geen onwettige inhoud is opgemerk nie, maar dit is nogtans moontlik dat sulke inhoud kan voorkom. Indien u onwettige of onwaar stellings op hierdie webblad opmerk word u versoek om dit onmiddellik onder die aandag te bring van die opsteller. Indien u klagte gegrond is, sal die betrokke inhoud onmiddellik verwyder word.

Skadeloosstelling vir uitsprake

Uitsprake op hierdie webblad is gebaseer op beskikbare inligting asook die ondervinding van die opsteller. Diatomiet is NIE ʼn wondermiddel nie en sal NIE aan onrealistiese verwagtinge voldoen nie. Die opsteller is nie ʼn medikus of veearts of wetenskaplike nie en maak nie mediese, veeartselykundige, of wetenskaplike uitsprake nie. Sover moontlik word verwysings verskaf vir enige uitsprake wat op hierdie webblad gemaak word. In geval van enige uitsprake wat na u mening onakkuraat of bewysbaar verkeerd is, word u versoek om die opsteller te verwittig en u bewyse daarvoor te lewer, sodat enige foute reggestel kan word.

Skadeloosstelling vir verkeerde gebruik

Die onus is op die gebruiker on te verseker dat hy/sy EETBARE diatomiet (varswaterdiatomiet) koop en gebruik. Ander grade diatomiet, soos filtergraad (soutwaterdiatomiet) en pesbeheergraad (diatomiet met inseklokmiddels bygevoeg) is giftig vir mens en dier en plant. Eetbare diatomiet is veilig, ook as insekdoder. MAAK DUS SEKER DAT DIE DIATOMIET WAT U GEBRUIK VIR DOELEINDES SOOS OP HIERDIE WEBBLAD BESKRYF, EETBARE DIATOMIET IS, Dit sal op die verpakking so aangedui word.

Kopiereg

Die inhoud, teks, illustrasies en foto’s op hierdie webblad is onderhewig aan kopiereg ingevolge die Suid-Afrikaanse reg. Enige gebruik, reproduksie, verwerking, of verspreiding of van sulke materiaal moet met die toestemming van die oorspronklike outeur of skepper van die materiaal gedoen word of daar moet erkenning gegee word aan die oorspronklike outeur of skepper van die materiaal en die bron (bv. webblad) waarvandaan die materiaal kom. Indien die inhoud van hierdie webblad afgelaai word of gedupliseer word mag dit slegs vir privaat, nie-kommersiële doeleindes gebruik word. Insoverre die inhoud van hierdie van hierdie webblad nie deur die opsteller geskep is nie, word die bronne vermeld ten einde die kopieregte van die derde partye te beskerm. Indien u opmerk dat ons enige kopiereg oortree het word u versoek om dit ssm onder ons aandag te bring, sodat ons dit onmiddellik kan regstel.

OOR DIATOMIET

Diatomiet is 'n sedimentêre gesteente wat bestaan uit fossiele van mikroskopies klein eensellige alge (diatome) met selwande wat met uit wateroplosbare silika gebou is.

Oor die eeue is die diatome saamgepers om neerslae te vorm wat met die blote oog lyk soos kalkneerslae. Diatomiet word gemaal en word in poeiervorm verkoop. Dit hou verskeie voordele in vir mens, dier en plant.

REGISTREER

Ontvang nuus en informasie oor diatomiet

 

© Kopiereg Diatomiet SA 2018 - Alle Regte Voorbehou